Goue Drome Promosies is 'n geregistreerde BK wat behoort aan Elna Botha (foto links) wat 'n groot voorliefde het vir die ontwikkeling van Afrikaanse musiek en veral plaaslike talent. Elna word op deeltydse basis bygestaan deur haar man, Sarel Botha, en hulle kinders André & Elsie van Eck en Johan Botha. 'n Huisvriend, Ray Diesel, help ook met hart en siel om alle projekte te laat slaag.
Die impak van Goue Drome op die plaaslike vermaaklikheidsbedryf is baie duidelik en talle kunstenaars presteer as gevolg van Goue Drome se ondersteuning op verskeie gebiede. Die ontwikkeling vind reeds oor die afgelope paar jaar plaas en resultate word al hoe meer sigbaar. Talentvolles wat wil verneem wat hulle kan doen om die volgende tree te gee, kan gerus navraag doen deur 'n e-pos aan info@gouedrome.co.za te stuur. Besoek ook gerus die webblad www.wowster.co.za om meer te hoor oor die ontwikkelings talentdae waar talent ondersteun word om te groei.
Foto regs - Voor: Johan Botha Middel: Elsie van Eck, Elna Botha, Tommy Dell & Blommie, Ray Diesel Agter: André van Eck, Sarel Botha
Goue Drome en BAY FM 107.9
Goue Drome is baie bevoorreg om met BAY FM 107.9, die beste radiostasie in Port Elizabeth en omgewing, betrokke te wees.
Die afgelope paar jaar al is GOUE DROME sinoniem met die BAY FM BURGEROPSKOP en doen 'n groot gedeelte van die reëlings rondom hierdie groot jaarlikse een dag fees.
BAY FM en GOUE DROME werk hand-aan-hand om geleenthede vir Oos-Kaapse talent te bewerkstellig en te verseker dat die skep en opvoer asook opneem van nuwe liedjies in hierdie provinsie 'n prioriteit bly.
Daarom is daar die TOP 5 Local Klanke wat elke Saterdag om 09:30 op BAY FM 107.9 uitgesaai word.
BAY FM en GOUE DROME werk ook saam met die GOUE DROME projek, WOW!-STêR, 'n reeks talentvertonings wat ten doel het om te fokus op die ontwikkeling van nuwe talent in veral die Oos-Kaap.
BAY FM se webblad is www.bayfm.co.za. Die stasie kan ook via die internet geluister word.
Die TOP 5 Local Klanke is beskikbaar op hierdie webblad
Die WOW!-STêR reeks van talentvertonings is uniek en meer kan daaroor gelees word by www.wowster.co.za.